RUGBY –  3 Curriebeker wedstryde is die naweek beslis.

Griekwas het die Westelike Provinsie naelskraap in Kimberley met 22 – 20 geklop terwyl die Haaie met 43 – 31 teen die  Leeus op Ellispark geseëvier het.

Die hoogtepunt was die Cheetahs en Pumas se wedstryd wat die Vrystaters 28 – 17 in Nelspruit gewen het. Die besoekers het 3 keer agter die doellyn gaan kuier terwyl die tuisspan met een drie tevrede moes wees.

Die Cheetahs is nou tweede op die punteleer en speel hulle volgende wedstryd teen die Leeus op 5 Maart in die Toyota Stadion.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×