RUGBY – Die veelsydige Abner van Reenen en Andell Loubser is inderhaas na die Toyota Cheetahs se kamp ontbied vir die span se laaste Europese Uitdaagbeker-groepwedstryd teen Oyonnnax.

Diè tweemanskap vervang Cohen Jasper wat sy enkel beseer het in die wedstryd teen Pau terwyl Ali Mgijima weens harsingskudding ook nie in aksie sal wees nie.

Die Cheetahs bevind hulself tans 2de in Groep 1 en gaan als in die stryd werp om daardie plek te behou terwyl Oyonnax nie meer kan kwalifiseer vir die laaste ronde van 16 nie.

*Diè wedstryd skop Saterdag om 17:15 (SA Tyd) af met die span wat ook vanmiddag aangewys word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×