RUGBY –  Die Toyota Cheetahs het seker gemaak van ‘n 3de plek op die punteleer nadat hy die Grens Bulldogs in die SA Beker-reeks in Oos Londen met 57 – 14 kon uitstof.

Ruan Pienaar –  wat in sy laaste wedgwedstryd gespeel het – het in die 79ste minuut vir sy  drie oorgegaan. Die Curriebeker kampioenspan het in totaal 9 keer gaan druk  teenoor die 2 van die tuisspan.

Die Cheetahs speel eerskomende Vrydag teen die voorloper in die reeks die Griekwas om 18:00 op Shimlapark.

*Die Vrystaat vrouespan het ook die Leeus se tande in hul Premier Liga wedstryd Saterdagmiddag op Ellispark na ’n sprankel sege van 31 – 12 getrek.

**Die Junior Bokke het hul laaste kragmeting in die o.20 Kampioenskaps-reeks in Australië teen die  Los Pumas  met 30 – 28 in ’n wipplank stryd gewen nadat Philip-Albert van Niekerk die wen strafskop in die 79ste minuut tussen die pale kon deurjaag terwyl die Springbok vroue-rugbyspan ook vir die 2025 WB-toernooi in Engeland gekwalifiseer het nadat hulle Madagaskar met 46 – 17 kon klop  en sodoende sy Afrikabeker-titel suksesvol verdedig het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×