RUGBY –  Met die Curriebeker-reeks wat oor bietjie meer as ‘n maand afskop sal die Toyota Cheetahs ook reeds eerskomende Dinsdag teen die Griffons in ’n vriendskaplike wedstryd in Bloemfontein uitdraf.

Die span van Welkom wat hulle debuut in diè prestige kompetisie maak sal na die Rosestad reis om beter rekenskap van hulself te gee nadat hulle verlede jaar teen die Cheetahs in ’n oefenwedstryd met 34 – 43 vasgeval het.

Van die Vrystaat spelers wat op die krukkelys was het ook Maandag weer saamgeoefen. Ruan Pienaar , Oupa Mohoje en Gideon van der Merwe het litte losgemaak terwyl Zinedine Booysen , George Cronje , Jean Droste en Frans Steyn ook op hul eie eenkant so bietjie strekwerk gedoen het.

Die Cheetahs sal ook op 20 Februarie teen die Haaie in die Toyota Stadion nog ’n laaste oefenwedstryd speel voordat hulle Curriebeker veldtog teen die Griekwas op 11 Maart in Kimberley begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×