RUGBY  –  Die Toyota Cheetahs het hul SA Beker veldtog op ’n wennoot afgeskop deur die Boland Kavaliers met 38 – 7 in die Toyota Stadion getrap het.

Die tuisspan het 6 keer gaan druk terwyl die besoekers met net ’n enkele drie kon terug antwoord.

Die Cheetahs se afrigter Izak van der Westhuizen was in die algemeen tevrede met sy span se vertoning maar het gesê daar sal die komende week aan die hanteerwerk bietjie geskaaf word.

*Die Vrystaters reis Saterdag na Potchefstroom waar hulle die Luiperds om 15:00 in die 2de ronde van die SA Beker-reeks sal aanvat.

error: Inhoud is beskerm !!