RUGBY – Die 4de ronde van die Curriebeker reeks is ook die naweek afgehandel.
Die Toyota Cheetahs het Vrydagaand harde bene teen die verdedigende kampioen die Pumas gekou en die wedstryd met 21 – 61 verloor. Die Laevelders het 9 drieë ingeryg terwyl die tuisspan met net 3 drieë kon terug antwoord.
Die Griffons – nuwelinge in diè kompetisie – het hul 1ste oorwinning behaal en die Bulle met 32 – 28 geklop , die Lions het die Sharks op Ellispark met 34 – 22 verras terwyl die Griekwas ’n puik terugvegpoging in die 2de helfte geloods het en het die WP in die Kaap met 32 – 13 afgeransel.
In die Europese Uitdaagbeker-toernooi het die Toyota Cheetahs uithalerspel gelewer maar op die ou einde het Toulon die knoop deurgehak met ’n eindtelling van 36 – 21.
Die Lions het met ’n sprankel vertoning Racing 92′ met 51 – 28 afgeransel. Die Gautengers het 7 drieë gedruk terwyl die tuisspan ook net 4 keer agter hul opponente se doellyn kon gaan kuier het.