Die Toyota Cheetahs het vir die eerste keer in drie seisoene nie die laaste ronde van 16 in die Europese Uitdaagbeker toernooi gehaal nie nadat Lyon diè wedstryd met ’n wegholsege van 68 – 21 beklink het.
Die ysige weer het nie ’n demper op die tuisspan se aanvallende spel geplaas nie en het hul ondersteuners met tien drieë bederf terwyl die Vrystaters se drie drieë die vroeë skade ietwat kon verbloem.
In die ander kragmeting van hierdiè reeks het die Leeus egter hul goeie spelpeil voortgesit en die Dragons met 60 – 10 gestoomroller en hul plek in die uitspeelrondes verseker.
*In die Kampioene-beker toernooi het die Stormers se aanspraak om die uitspeelrondes te haal ook tot ’n einde gekom nadat Racing 92’ die wind uit die Kapenaars se seile gehaal met ’n oorwinning van 31 – 22 terwyl die Bulle wat tans tweede laaste in Groep 3 is hul ondersteuners darem ietwat kon laat glimlag nadat hulle Stade Francais met 48 – 7 gestuit het.