RUGBY – In ’n opwarmings wedstryd wat Saterdagmiddag in Jacobsdal gespeel is ter voorbereiding van die SA Beker toernooi het die Griekwas die Cheetahs naelskraap met 25 – 22 geklop.
Die Poubloues het vroeg voorgeloop met 15 – 0 maar 2 vinnige drieë het die Cheetahs met lemoentyd terug in die prentjie geplaas.
Die afrigter Isak van der Westhuizen was ingenome met van die spelers se spel wat lanklaas in aksie was sowel as van die nuwe gesigte in die Vrystaat span waar ‘n totaal van 25 spelers gedurende diè oefenstryd ingespan was.
Die Cheetahs begin hulle veldtog in die SA Beker kompetisie amptelik op die 22ste Maart om 18:00 teen die Bolandse Kavaliers in die Toyota Stadion.
*In die afgelope naweek se Sesnasies-Reeks het Engeland ook vir ’n groot opskudding gesorg toe die Rose die verdedigende kampioen Ierland met 23 – 22 geskok het na ’n skepskop deur die plaasvervanger losskakel Marcus Smith in die laaste sekondes van hierdiè rillerstryd.
Dit was slegs Ierland se 2de nederlaag sedert Julie 2022 en ook die verloorstryd teen die All Blacks in verlede jaar se kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi.
Italië het Saterdag die bordjies teen Skotland met 31 – 29 verhang terwyl Frankryk ook Sondagmiddag met 45 – 24 oor Wallis koning gekraai het.