RUGBY  – In Curriebeker aksie was die Toyota Cheetahs Vrydagmiddag onkant deur die Haaie betrap toe hulle met 17 – 24 teen die Piesangboere vasgeval het in Bloemfontein.

Alhoewel die Vrystaters 56% van die besit gehad het kon dit nie in wenpunte omskep word nie terwyl die Natallers skitterend verdedig het en ’n totaal van 136 duikslae uitgevoer het om die Cheetahs se aanvalle op hul doelgebied te stuit.

In die ander 3 wedstryde van die naweek het die Pumas wat die verdedigende kampioen is uit die leeukuil ontsnap met ’n naelskraapse oorwinning van 25 – 24 teen die WP, die Bulle het hul wenmomentum behou met ’n sege van 30 – 19 oor die Leeus terwyl die Griekwas die Griffons hul 6de nederlaag toegedien het met ’n oorwinning van 42 – 27 in Kimberley.

In die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks het die Bulls ook hul huis in orde gekry en die topspan in diè kompetisie Leinster met 62 – 7 op Loftus Versveld afgeransel.

Die Sharks moes tevrede met ’n geykopuitslag van 22 – 22 teen Munster en alhoewel die Lions vir Zebre met 50 – 35 karnuffel het was dit nie genoeg om vir die kwarteindronde van hierdiè toernooi te kwalifiseer nie.

In Vroue Sewes Rugby het Suid-Afrika ook die eindstryd van die 1ste toernooi van Wêreldrugby se uitdaagreeks gewen toe hulle die span van België met 17 – 10 in Stellenbosch geklop het.

Die 2de en laaste toernooi van diè uitdaagreeks vind weer eerksomende naweek in die Eikestad plaas waar die algehele wenner van diè 2 vroue-toernooie ook die kernspan vir aanstaande seisoen se Wêreldreeks sal wees en verseker is van deelname aan hierdiè toernooie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×