RUGBY – Die verdedigende Curriebeker kampioen die Cheetahs het weer ’n tuiswedstryd verloor nadat die Leeus met 38 – 21 in Bloemfontein gebrul het.

Die Rooibontes het ses drieë teenoor die drie van die tuisspan gedruk en bevind hulself nou tweede op die punteleer. Die Bulle is steeds bo-aan gevolg deur die Haaie en die Cheetahs onderskeidelik in die derde en vierde plek.

Die Bulle het die Griekwas in Pretoria met 47 – 24 streepsuiker gegee terwyl die Haaie die WP met 31 – 23 in die Kaap uitoorlê het. Die Pumas het ook wakker geskrik teen die Griffons en met 45 – 26 in Welkom geseëvier.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×