RUGBY – Die Toyota Cheetahs se Curriebeker veldtog is skitterend op dreef nadat hulle die Bulle Vrydagaand met 32 – 7 in Bloemfontein afgeransel het. Die Vrystaters het 5 keer gaan druk terwyl die Ligbloues met net ’n enkele drie kon terugantwoord.

Die Lions het ook hul goeie vorm voortgesit toe hulle die Griffons met 41 – 26 getrap het. Laasjaar se kampioenspan die Pumas het die Griekwas met 28 – 13 getroef terwyl die Haaie ook gister die WP verras het met ’n telling van 20 – 7.

In die VRK-reeks duur die Bulls se treurmare voort toe Ulster hulle met 32 – 23 uitoorlê het terwyl die Scarlets net te goed vir die Sharks was met ’n oorwinning van 32 – 20.

Die Lions kon darem net-net met 32 – 28 die knoop teen Benetton deurhak terwyl die nommer 1 en 2 spanne in diè kompetisie naamlik Leinster en die Stormers gelykop gespeel het met 22 punte elk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×