Die Cheetahs het met ’n groot spanpoging vorendag gekom in die SABeker-reeks en die SWD Arende se vlerke met ‘n wegholtelling van 87 – 15 in die Vrystaat Stadion geknip

Die tuisspan het 13 drieë ingeryg terwyl die Arende met slegs twee kon terug antwoord.

In die ander wedstryde het die verdedigende kampioen die Griekwas die Oostelike Provinsie met 70 – 17 afgeransel terwyl die Pumas die Luiperds deurmekaar gehardloop het met 80 – 10. Die Boland Kavaliers het die Grens Bulhonde met 52 – 3 getrap terwyl die Valke die Griffons naelskraap met 45 – 40 gestuit het.

Die Griekwas en Pumas is nou onoorwonne na ses wedstryde en gelyk bo-aan die punteleer gevolg deur die Cheetahs op 22 en die Kavaliers met 20 punte.

error: Inhoud is beskerm !!