RUGBY – Met die Toyota Uitdaagreeks wat einde se kant toe staan sluit hierdiè kompetisie later vanaand op ‘n hoogtepunt af wanneer die Cheetahs en die Griekwas mekaar die stryd gaan aansê.

Die 2 spanne se vorige ontmoeting was in die Curriebeker-reeks op 28 Mei in Kimberley waar die Poubloues die Vrystaters met 46 – 18 verniel het maar Victor Sekekete en sy span is gereed en oorgehaal om sake hierdiè keer reg te stel.

Die wenspan ontvang ‘n koel R250 000 terwyl een gelukkige ondersteuner ook met R10 000 kan wegstap deur net ‘n foto van hulself te tweet met die #toyotafanlegend.

Kaartjies vir die wedstryd is slegs R10 en beskikbaar aanlyn by www.ticketpro.co.za of by die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion met die hekke wat reeds om 14:00 open.

In die voorwedstryd speel die huidige Curriebeker kampioen die Pumas teen die VSA A-span om 17:00  waarna die Toyota Cheetahs en Griekwas mekaar vir een laaste keer hierdiè jaar die stryd gaan aansê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×