Die Cheetahs wat die verdedigende Curriebeker-kampioen sal die Leeus in die eerste halfeindronde wedstryd Saterdagmiddag om 14:30  op Ellispark die stryd aansê.

Alhoewel die Leeus en Cheetahs verlede week groot oorwinnings behaal het in die laaste ronde wedstryde is is die speelveld nou egter weer gelyk vir 80 minute se opwindende hardloop rugby waar die span wat sy foute gaan beperk sy plek in die eindstryd kan bespreek

In die ander derby sal die Bulle die Haaie op Loftus pak met diè kragmeting wat om 17:00 afskop.

Beide die wedstryde word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

Philip Snyman is as die afrigter van die Suid-Afrikaanse mans sewes rugbyspan aangestel.

Hy was die laaste ses maande slegs die waarnemende afrigter na hy vir Sandile Ngcobo vervang het.

Die 37-jarige voormalige kaptein van die Blitsbokke sal die span afrig tot en met die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028.

Snyman het die Blitsbokke gehelp tot ‘n bronsmedalje by die Olimpiese Spele in Parys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×