Rugby – Ondersteuners kan ook die naweek uitsien na topklas aksie in die Curriebeker-reeks.

Die Toyota Cheetahs ontmoet die Leeus Saterdagmiddag in die Toyota Stadion om 13:00  aangesien die halfeindronde wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks ook om 16:00 dan tussen die Stormers en Connacht gaan afskop.

Die hekke in die Toyota Stadion open reeds om 08:00 met die o.13 spanne van Senekal en Brandfort wat mekaar 1ste om 08:50 gaan pak waarna ontwikkeling spanne van die Vrystaat en Kimberley sake om 10:30 gaan uitspook.

Kaartjies kos R50 vir die hoofpaviljoen , R30 vir die oop paviljoen en studente en skoliere betaal slegs R20 en is beskikbaar by TicketPro of die kaartjiekantoor in die Toyota Stadion.

Die wedstryd word regstreeks op SuperSport uitgesaai met Demi Lee Moore wat na afloop daarvan vir die vermaak by die Castle Deck gaan sorg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×