RUGBY – Die Cheetahs is oorgehaal vir die SA Beker wedstryd Saterdagmiddag in Bleomfontein teen die Oostelike Provinsie in die Toyota Stadion wat deur Victor Sekekete aangevoer sal word.
Die hekke open 10:30 met ’n dag wat ook propvol skolerugby aksie gaan wees met die 1ste een wat reeds om 11:00 afskop.
Kaartjies is R50 vir die hoofpaviljoen , R30 vir die oop paviljoen en R20 vir kinders en studente en kan aanlyn gekoop word by ticketpro.co.za of die kaartjie-kantoor in die Toyota Stadion.
Diè wedstryd skop om 15:00 af en word regstreeks op Supersport Kanaal 244 uitgesaai.
*Die Vrystaat vroue span sal ook dieselfde tyd teen Boland in Wellington uitdraf in die Premier Liga met Bernice Strydom wat die Vrystaters op die veld sal lei.