RUGBY – Eerskomende naweek sal Bloemfontein ’n oranje baadjie aantrek wanneer die eindstryd van die Curriebeker-reeks in die hartjie van die Vrystaat beslis word nadat die Cheetahs die Bulle Saterdagmiddag oorrompel het met 39 – 10 in die Toyota Stadion.

Alhoewel die Vrystaters minder gebiedsvoordeel gehad het, het hulle seker gemaak dat die telbord aan die gang bly met 3 drieë terwyl die Ligbloues met net ’n enkele drie kon terugantwoord.

Die Cheetahs se samespel en kontinuïteit was briljant gewees terwyl Ruan Pienaar geskitter het in die nommer 10 trui met 6 uit 6 skoppe na die pale en ook sodoende sy span die heeltyd op die voorvoet gehou het.

Die Vrystaters sal nou gereed maak vir hul aanslag op die Curriebeker trofee en sal verlede jaar se wenners die Pumas in die eindstryd pak wat in ’n klipharde wedstryd die Haaie in Durban met 26 – 20 geklop het.

error: Inhoud is beskerm !!