RUGBY – ‘n Opwindende sportnaweek lê voor in die Curriebeker-reeks met die Toyota Cheetahs wat verrigtinge vanaand teen die Pumas in Bloemfontein afskop.

Nadat die Vrystaters verlede Saterdag onverwags teen die Griekwas vasgeval het sal die besoekers uit die Laeveld op hul beste moet wees indien hul nie met rooi gesigte wil terugkeer huistoe nie.

Ruan Pienaar speel ook in sy 50ste wedstryd en sal soos oudergewoonte die span met sy leierskap inspireer om hul 10de oorwinning die seisoen te behaal.

Die hekke maak reeds 15:00 oop met ‘n voorwedstryd om 15:50 waar die o.11 spanne van Trio in Kroonstad teen Tjokkies sal uitdraf.

Kaartjies vir die wedstryd kos slegs R20 per persoon en is beskikbaar by die kaartjiekantoor of aanlyn by www.ticketpro.co.za

‘n Inenting sertifikaat of negatiewe Covid toets word verlang vir toegang tot die stadion. Vir meer besonderhede besoek ook www.cheetahs.rugby

Afskoptyd is 18:00.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×