RUGBY – Die 3de wedstryd in die Toyota Uitdaagreeks skop later vanaand in Bloemfontein af wanneer die Cheetahs teen die VSA Nasionale A-span kragte sal meet.

Vir die Amerikaners is daar baie op die spel aangesien diè span ook voorberei om vir die Wêreldbeker toernooi volgende jaar in Frankryk te kwalifiseer en elke speler sal ook sy plek in diè span met ‘n goeie vertoning teen die Vrystaters wil verseker.

Afrigter Hawies Fourie het ‘n goed gebalanseerde span gekies met die ervare Frans Steyn en Rosko Specman wat agterlangs die nodige leiding sal gee terwyl kaptein Victor Sekekete voorlangs die ratte in die enjinkamer geolie sal hou.

Die wenspan ontvang R250 000 en individuele spelers gaan ook vir positiewe spel gedurende die wedstryd beloon word terwyl ondersteuners ook met kontant pryse kan terugkeer huistoe.

Hekke open reeds om 15:00 en Toyota voertuig eienaars kan gratis binne die Toyota Stadion parkeer.

Afskoptyd is 18:00 en diè wedstryd word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×