RUGBY – Die Cheetahs het ‘n sterk span gekies vir openingswedstryd teen die Western Force in die Toyota Uitdaagreeks wat vanmiddag in Bloemfontein afskop.

Die skrum word geanker deur Alulutho Tshakweni , Marnus van der Merwe en Hencus van Wyk met Rynier Bernardo en kaptein Victor Sekekete as die slotkombinasie terwyl Gideon van der Merwe , Sibabalo Qoma en Friedle Olivier balbesit by die afbreekpunte sal verseker.

Rewan Kruger en Ruan Pienaar is die skakelpaar met Robert Ebershon en Evardi Boshoff as die senterkombinasie terwyl Litha Nkula , Cohen Jasper en Tapiwa Mafura in die agterste driehoek sal uitdraf.

Die wenspan ontvang R250 000 terwyl een gelukkige ondersteuner wat diè wedstryd in die Toyota Stadion bywoon die kans staan om R10 000 ook vir hulself te wen deur ’n selfie te neem op die kompetisie blad met die #ToyotaChallenge2023.

Afskoptyd is 17:00 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×