RUGBY – Die Cheetahs is slaggereed vir wedstryd nommer 3 van die Toyota Uitdaagreeks teen die Western Force in die Lane Group Stadion in Mandurah.

Die hoofafrigter Hawies Fourie het ‘n sterk span met baie ervaring gekies.

Tapiwa Mafura , Daniel Kassende en Cohen Jasper vorm die agterste driehoek terwyl Robert Ebersohn en Reinhardt Fortuin die senterkombinasie sal wees. Die nommer 9 en 10 trui word onderskeidelik deur Rewan Kruger en Ruan Pienaar gedra.

Friedle Olivier , Sibabalo Qoma en Gideon van der Merwe sal die balbesit by die afbreekpunte verseker terwyl Rynier Bernardo en kaptein Victor Sekekete die slotpaar sal wees. Die skrum word voorlangs geanker deur Laurence Victor , Marnus van der Merwe en Schalk Ferreira.

Die impak-bank bestaan uit Marko Janse van Rensburg , Alulutho Tshakweni , Hencus van Wyk , Carl Wegner , Daniel Maartens , Jeandrè Rudolph , Reagan Oranje en George Lourens.

Die afskop is vanmiddag om 13:00 (SA Tyd) en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×