RUGBY  – Die Toyota Cheetahs het ook die Europese Uitdaagbeker-reeks met ‘n maklike sege oor Zebre afgeskop en met 33 – 15 skoonskip gemaak.

Die Vrystaters het 3 drieë gedruk terwyl die Speler-van-die-Wedstryd Ruan Pienaar ook met 3 doel- en 3 strafskoppe in die kol was. 

Die Cheetahs speel eerskomende Sondag teen die Sharks in die 2de ronde in die Toyota Stadion met die afskop wat om 15:00 is.

 

*In die Kaapstad 7’s toernooi het die Blitzbokke ’n slegte naweek gehad en met 31 – 7 teen Nieu-Seeland om die 5de plek verloor terwyl die S.A. Vrouespan ook heel laaste geëindig het.

Argentinië was as wenners gekroon nadat hulle Australië in die eindstryd met 45 – 12 uit die pad gevee het.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×