RUGBY –  Die Cheetahs het sy doel in George bereik deur SWD met 46 – 14 in die SA Beker reeks op Outeniqua Park te klop.

Die wedstrydkaptein Louis “Chucky”  van der Westhuizen het ’n uithalervertoning gelewer en self 3 keer agter die doellyn gaan kuier.

Frans Steyn – Direkteur van Vrystaat Rugby – het na afloop van die wedstryd gesê dat hy heel tevrede was met die agttal se vertoning maar dat daar nog steeds oomblikke was waar die afrondingswerk te kort skiet. Hulle is wel tans besig met ’n herbou-proses en daar is spelers wat weer kans gegee word om hulself te bewys.

*Die Cheetahs speel weer  eerskomende Saterdag in Ronde Nommer 7 teen die Valke in Kempton Park.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×