Cheslin Kolbe is Donderdagaand as Suid-Afrika se beste rubyspeler vir 2024 vereer. Die tweemalige Wêreldbeker-wenner het ook die eerste agterspeler sedert 2013 geword wat met diè eerbewys kon wegstap.
Nadine Roos is vir die tweede keer in drie jaar as die beste Springbok-vrouespeler aangewys terwyl Sacha Feinberg-Mngomezulu die Jong Speler van die Jaar was.
Selvyn Davids en Lorenzo Julius is beloon met die Springbok-sewesspeler en Junior Springbok van die Jaar toekennings.
Rassie Erasmus is die Afrigter van die Jaar terwyl die Bokke as die Span van die Jaar bekroon is.
Renzo du Plessis van die Leeus en Ashlon Davids van die Boland-Kavaliers was onderskeidelik die beste Speler van die Jaar in die Curriebeker Premier- en Eerste Liga terwyl AJ Jacobs as die Skeidsregter van die Jaar aangewys was.