RUGBY – Met die Wêreldbeker-toernooi wat oor 7 maande in Frankryk afskop het die bedanking van Fidji se afrigter Vern Cotter diè land soos ’n tropiese storm getref toe die Nieu-Seelander weens “persoonlike redes” halt geroep het by die Fidjiaanse Rugbyunie.
Cotter het soos sy eweknieè Eddie Jones, Wayne Pivac en Dave Rennie ook sy internasionale afrigters pos ontruim nadat hy 3 jaar diè eilandspan gebrei het.
Fidji se rugbyunie het ook reeds aangedui dat hy in die proses is om ’n nuwe afrigter te vind wat die span na die WB-toernooi kan neem.
Die Vlieënde Fidjiane se beste vertoning by ’n Wêreldbeker was in 1987 en toe weer in 2007 toe diè span deurgedring het na die kwarteindronde.