RUGBY – Die o.18 Cravenweek het ook in George afgeskop met skitter rugby wat aan die orde van die dag was.

Die Vrystaat het ’n voorsprong van 10 punte weggegooi toe die OP hulle met 26 – 23 onkant betrap het. Die Boland het in ’n klipharde wedstryd met 26 – 19 die botoon teen die Valke gevoer terwyl die Haaie ook aan die wenkant was teen die Westelike Provinsie 15-tal met 34 – 24.

In die hoofwedstryd van die dag het die WP die span van die Suid-Westelike Distrikte met 42 – 12 karnuffel.

Vandag speel Griekwas teen die Luiperds terwyl die Griffons die Limpopo Bulle ook die stryd sal aansê. Die Leeus sal ook ’n goeie vertoning teen die Pumas wil lewer waarna die Bulle ook hul stempel sal wil afdruk teen die Grens.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×