RUGBY – Dis ‘n naweek vol opwinding wat voorlê in die Curriebeker-reeks met die W.P. wat die Sharks vanmiddag in die Kaap ontmoet terwyl die Pumas en Griekwas daarna in ‘n riller in Mbombela betrokke gaan wees aangesien die Laevelders moet wen om te verseker dat hul deurdring na die laaste 4.

Die hoogtepunt is egter môreaand se groot stryd waar die Toyota Cheetahs en die Bulls mekaar behoorlik in die Toyota Stadion gaan opkeil met beide spanne wat reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer het.

Die Cheetahs gaan op alle sillinders wil vuur terwyl die Bulls ook met ‘n groot aanslag sal kom in ‘n wedstryd wat beloof om skitter rugby op te dis.

Ondersteun ons Toyoyta Cheetahs! Afskoptyd is 17:45

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×