RUGBY – Engeland sal vir 2 wedstryde sonder sy yster flank Tom Curry moet klaarkom weens ‘n gevaarlike duikslag in die Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië.
Na slegs 3 minute se speeltyd het Curry die trekpas gekry nadat hy kontak met die Arentynse heelagter Juan Cruz Mallia se kop gemaak het en toe moet ‘n geelkaart uitgereik wat toe deur ’n paneel kenners in die bunker na rooi verander is.
Alhoewel die Rose die kragmeting teen die Los Pumas met 27 – 10 gewen het sal die span eerskomende Sondag Japan sonder hul ster-flank aandurf terwyl hy ook teen teen Chili op 23 September langs die kantlyn gaan moet sit.