RYGBY Die Bulle is bevoordeel om voort te gaan op hul onoorwonne lopie wanneer hulle Vrydag na Nelspruit reis vir hul Carling Curriebeker Premierafdeling-kragmeting teen die Pumas.

Dié wedstryd by die Mbombela-stadion, waar die Vodacom Bulls laas in 2021 verloor het, skop die naweek se opwindende Premierafdeling-aksie af.

Die Mpumalanga-kragmeting sal Saterdag deur nog twee wedstryde gevolg word.

Die Leeus sal die Westelike Provinsie in Johannesburg aanvat, en die Toyota Cheetahs pak die Sharks in Bloemfontein.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×