Die Stormers het ‘n ernstige terugslag gekry nadat Damian Willemse ‘n skorsing van drie wedstryde ontvang het vir ‘n rooikaart-voorval in hul VRK-wedstryd teen Cardiff.
Willemse sal die kwarteindstryd teen Glasgow Warriors misloop en moontlik die half- en eindstryd indien die Stormers verder vorder.
Willemse het onlangs van ‘n besering teruggekeer en daar is verwag dat hy ‘n sleutelrol in die span se uitspeelwedstryde sou speel.
Die skorsing kan ook Willemse se beskikbaarheid vir die komende Springbok-toetse beïnvloed.