RUGBY – Die All Blacks stut Ethan de Groot is vir 2 wedstryde geskors nadat hy ’n rooi kaart ontvang in die Swart Truie se Wêreldbeker-groepwedstryd teen Namibië.
De Groot het aanvanklik ’n geel kaart gekry maar is na hersiening deur die “bunker”-stelsel na rooi verander wat beteken dat diè stut waarskynlik nie weer voor ’n moontlike kwarteindronde wedstryd vir sy span mag uitdraf nie.
Die tugkomitee het bevind dat De Groot se duikslag van die begin af onwettig was en dat diè stut nie genoeg in die heupe gebuig het nie.
Nieu-Seeland se volgende wedstryd is op die 29ste September teen Italië.