RUGBY – Die Blazeboks  – oftewel Suid-Afrika se vroue 7’s span – is gereed vir die Parys Spele wat oor 17 dae begin en gaan dit diè dames se 1ste keer wees wat hulle aan ’n Olimpiese skouspel gaan deelneem.

Mara de Bruin wat die netbalbaan 2 jaar gelede  vir ’n rugbyveld verruil het besef hulle het ’n steil bult om te klim in Groep B  saam met Australiè , Groot Brittanje en Ierland.

De Bruin en haar spanmaats is vasberade om die kwarteindronde te haal. Libbbie Janse van Rensburg (S.A. 2023 Vrouespeler-van-die-Jaar), Nadine Roos (Vroue 7’s Speler-van-die Jaar),  Kemisetso Baloyi  en Liske Lategan sal fyn deur hul opponente dopgehou moet word.

*Ierland en Brittanje skop verrigtinge af op die 28ste Julie waarna Australië die Suid-Afrikaners in wedstryd nommer 2 gaan pak. Die Aussies het vanjaar reeds 39 uit 47 wedstryde gewen en gaan moeilik in die groepfase gestuit word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×