RUGBY: Die Springbokke het wel nie ’n perfekte vertoning teen Wallis op Twickenham gelwer nie maar nog steeds genoeg petrol in die tenk gehad om die Rooi Drake op hul neuse te laat kyk.

Die wêreldkampioen het met 41 – 13 die septer geswaai waar verskeie spelers wat hul debuut in die Groen en Goud gemaak het. Volgens die Bok breier Rassie Erasmus was die skrumwerk goed maar die Bokke se fisieke oorheersing het ietwat ontbreek.

Suid-Afrika het 5 drieë gedruk en net ’n enkele een afgestaan terwyl Wallis die strafskop-telling met 15 – 11 gewen het.

*Die Bokke ontmoet Ierland in hul volgende kragmeting die 6de Julie op Loftus Versveld waar die Bulle ook nie Saterdagaand die Verenigde Rugbykampioenskaps-titel teen ’n begeesterde Glasgow Warriors kon inpalm nie.

Die Ligbloues het in die 52ste minuut  met 16 – 7 voorgeloop waar die meer as 50 000 toeksouers aangeneem het dat tuisspan oppad is na ’n roemryke oorwinning maar die Warriors met hul uitgeslape afrigter Franco Smith aan stuur van sake het ander planne gehad en die Bulle-ondersteuners se harte gebreek toe die eindfluitjie geblaas het met die telling op 21 – 16.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×