RUGBY: Die 2023 Curriebeker kampioen die Toyota Cheetahs gaan vir die volgende 2 seisoene weer deel wees van die Europese Uitdaagbeker-reeks.
Die Vrystaters sal Amsterdam as sy hoofkwartier vir al sy tuiswedstryde hê terwyl die Black Lion-klub van Georgië ook weer as 2de genooide span deel van diè kompetisie uitmaak.
*Die reeks begin met 2 wedstryde in Desember en 2 in die eerste maand van die nuwe jaar met die eindstryd wat op die Principality-stadion in Cardiff gespeel sal word.