RUGBY – Die Cheetahs begin hul 2024 Curriebeker-seisoen eerskomende Saterdagmiddag teen die Griffons in Bloemfontein.
Verskeie spelers is nog beseer maar die afrigter Isak van der Westhuizen glimlag darem oor die beskikbaarheid van die senter en onderkaptein Ali Mgijima terwyl die opwindende Prince Nkabinde wat vir UJ in die Varsitybeker-reeks diens gedoen het wat ook speelkans kry. Nog nuwe gesigte in die groep is die slot Pieter Janse van Vuuren en senter Carel-Jan Coetzee.
*Diè wedstryd skop om 13:55 af en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.