RUGBY – Die Curriebeker-reeks se 2de ronde hervat weer die naweek met die Griekwas wat die Haaie in Kimberley aandurf terwyl die Pumas en Leeus Vrydagaand om 19:00 ook vir mekaar tande gaan wys.
Die Cheetahs is Saterdagmiddag terug op tuisbodem teen die WP met diè wedstryd wat om 13:55 afskop terwyl die Bulle na Welkom reis waar hy die Griffons Sondagmiddag gaan pak.
*Die Bokke is ook gereed vir ronde nommer 2 teen Ierland wanneer diè tweestryd Saterdagmiddag in Durban hervat.
Die afrigter Rassie Erasmus het gesê ’n reeks-oorwinning oor Ierland sal die Bokke se posisie op die wêreld ranglys as diè topspan vas sement.
Erasmus het ’n onveranderde 15-tal gekies wat verlede week met 27 – 20 geseëvier het.
*Die afskoptyd is 17:05 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.