RUGBY: Die Haaie het met ’n skitterende spanpoging die Europese Uitdaagbeker toernooi Vrydagaand teen Gloucester met 36 – 22 in die Totteham Hotspur Stadion gewen.
Die Natallers se skrumwerk was van hoogstaande gehalte terwyl die skopskoen van Siya Masuku die tuisspan se ondersteuners na trane gedryf het met sy persoonlike bydrae van 21 punte.
Die Piesangboere het met diè oorwinning ook vir hulself ’n plek oopgespeel in volgende jaar se Kampioenebeker-reeks.
*In Kimberley het die Griekwas ook gewys dat hy steeds ’n krag bly in plaaslike kompetisies nadat die Poubloues as die nuwe SA Beker-kampioen gekroon is toe hy die Pumas oortuigend met 46 – 24 uitgestof het.