RUGBY: Die Jong Bokkies het Saterdagaand sy o.20 Wêreldbeker-toernooi veldtog op ’n wennoot in die Kaap afgekop toe hy Fidji soos ’n tipiese Suid-Ooster  getref het en diè eilandspan met 57 – 7 uit die pad kon vee.

Dit was wel nie ’n perfekte vertoning nie maar die breier Bafana Nhleko kan tevrede voel met die span se vertoning en sal met meer selfvertroue Argentinië tegemoet stap teen wie hulle Donderdag in Stellenbosch in die 2de groepwedstryd gaan speel.

*Die WP se 0.18 Cravenweekspan het ook sy week op ’n hoogtepunt afgesluit nadat hy in sy 5de agtereenvolgende hoofwedstryd van diè toernooi die Vrystaat met 37 – 24 by die Hoërskool Monument in Krugersdorp kon uitstof. Die Streeptruie het 5 drieë gedruk teenoor die enkele 1 van die Vrystaters..

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×