RUGBY – Die Junior Bokke is oorgehaal om Engeland in hul laaste groepwedstryd in die o.20 WB-toernooi te klop wanneer diè 2 spanne mekaar Dinsdagaand in die Athlone stadion gaan pak.

Die tuisspan is basies uit die wedloop vir ’n plek in die halfeindronde maar staan nog ’n buitekans indien hy met ’n groot telling wen en die Rose verhoed om ’n bonuspunt te kry.

Reën gaan moontlik ook ’n gelykmaker wees waar Suid-Afrika se sterk agttal die gevaarlike voorspelers van Engeland kan neutraliseer.

In hul laaste 12 kragmetings het die Teedrinkers reeds 8 keer gewen terwyl die Baba Bokke nog net een 1 keer met die louere kon wegstap.

*Die afskoptyd is om 19:00 en word regstreeks op SuperSport Kanaal 211  uitgesaai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×