RUGBY – Die Junior Bokke is Dinsdagaand in ‘n klipharde wedstryd uit die o.20 Wêreldbeker-toernooi geskakel toe Engeland diè klipharde wedstryd in die Athlone Stadion met 17 – 12 gewen het.
Die Kaapse eendeweer was weereens ’n groot faktor en het hardlooprugby onmoontlik gemaak. Die tellings was gelykop met letterlik ’n paar sekondes oor op die stophorlosie toe James Isaacs deurgedryf het vir ’n welverdiende 5-punte.
*Engeland ontmoet nou Ierland in die 1ste halfeindronde terwyl die verdedigende kampioen Nieu-Seeland vir Frankryk sal aandurf vir ’n plek in die eindstryd.