RUGBY – Die Toyota Uitdaag-reeks skop weer vroeg in Oktober in Bloemfontein af wanneer die Cheetahs , Western Force van Australië , die opkomende span van Ierland en die Griffons mekaar op die veld gaan takel.
Prysgeld van R1 miljoen sal op die spel wees waar die wenspan in elk van die hoofwedstryde met R300 000 gaan wegstap.
Toeskouers wat ook hul gunsteling spanne in die Toyota Stadion en op sosiale media ondersteun sal die kans staan om kontant pryse te wen.
*Die finale bepalings sal binnekort bekendgemaak word.