RUGBY: Die veteraan van Vrystaat Rugby Ruan Pienaar draf Vrydag in sy heel laaste wedstryd vir die Toyota Cheetahs op Shimla Park uit teen die Griekwas in die SA Beker toernooi.

Pienaar sal die Cheetahs vir ‘n 85ste keer op die veld lei waar hy sy loopbaan in Bloemfontein begin en dit ook nou voor familie en vriende gaan afsluit. Ruan sal voortaan by afrigting betrokke wees waar hy by die Vrystaat o.21’s en Toyota Akademie spanne sal inskakel.

*Diè wedstryd skop om 18:00 af en sal regstreeks op  SuperSport  uitgesaai word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×