Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het drie spelers uit sy groep vrygestel om by hulle onderskeidelike Verenigde Rugbykampioenskap-spanne aan te sluit.

Die Stormers ontvang vir Ben-Jason Dixon terug terwyl die Bulle vir Johan Grobbelaar en Canan Moodie terug verwelkom in Pretoria.

Die Stormers is op pad na Wallis vir hulle kragmeting teen Ospreys en die Bulle verwelkom Edinburgh op Loftus.

Volgens Erasmus sou dit spesiaal gewees het om die drie spelers daar te hê in Mbombela om ‘n moontlike Rugbykampioenskap oorwinning te vier maar dit is belangrik vir hulle om die plaaslike spanne te help in hulle Verenigde Rugbykampioenskap veldtogte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×