RUGBY  –  ’n Drieëfees het toeskouers tussen die Ixias en Shimlas in Bloemfontein begroet toe die Universiteit studente diè opwindende tweestryd met 59 – 40 gewen het.

Altesaaam 13 drieë is gedruk waarvan meer as die helfte ook sewepunt-drieë was.

In die 1ste wedstryd van die dag het Wits vriend en vyand verras deur in die doodsnikke van hierdiè kragmeting ’n gelykopuitslag van 33 – 33 teen die Ikeys af te gedwing het terwyl die Maties ook op ’n drafstap met 63 – 14 teen die UWK geseëvier het.

*Die ontmoeting tussen UJ en die verdedigende kampioen die NWU-Arende in Johannesburg is in die 1ste heflte weens swaar weer afgelas en word Dinsdagoggend om 10:00 beslis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×