Die Suid-Afrika gebore Skotse rugbyspeler, Duhan van der Merwe, gaan glo Edinburgh verlaat.
Luidens berigte in Frankryk, is Van Der Merwe glo op pad na La Rochelle om hom deel van Ronan O’Gara se groep te maak.
Die 29-jarige is een van die gevaarlikste vleuels in Europa, en het vroeër vanjaar die speler geword wat die meeste drieë vir Skotland gedruk het, met 28 in 41 wedstryde.
As die skuif gebeur, sal dit ‘n einde bring aan ‘n sewe-jaar-lange loopbaan in die Skotse hoofstad.