RUGBY – Die 2-malige Wêreldbekerwenner en vuurvreter slot Eben Etzebeth is vir ‘n 2de agtereenvolgende jaar as S.A se Rugbyspeler van die Jaar aangewys by ’n glansgeleentheid gisteraand in Randburg.
Diè veteraan van 119 toetse is slegs die 2de Springbok wat diè prestasie kon vermag naas Pieter-Steph du Toit in 2018 en 2019.
Die Springbokke is ook aangewys as Span van die Jaar terwyl die voormalige Bok breier Jacques Nienaber vir Hawies Fourie en John Dobson uitgestof het as Beste Afrigter.
Ruan Pienaar is aangewys as Curriebeker-speler van die Jaar terwyl Canan Moodie weer met die louere as Beste Jongspeler kon wegstap.
Manie Libbok het die toekenning as voorste Suid-Afrikaanse speler in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks ontvang terwyl Libbie Janse van Rensburg die Springbok-vrouespeler van die Jaar was.