RUGBY – Die beleërde Wallaby afrigter Eddie Jones gaan na verwagting weer in Januarie 2024 met afrigtingswerk begin.
Jones het ook gesê dat verskeie lande sowel as ’n Europese klubspan agter sy dienste aan is.
Die gerugte in die rugby gange wil ook nie wyk dat Eddie moontlik weer na Japan kan terugkeer waar hy van 2012 tot 2015 sy kundigheid beskikbaar gestel het maar geen amptelike aanbod is na verneem word nog gemaak nie.
Jones het ’n skokkende WB-toernooi agter die rug waar die Goue Truie reeds in die groepfase uitgeskakel was.
Diè uitgesproke breier se plan om jeug bo ervaring te kies het hom op die ou einde duur te staan gekom en Jones hoop om nie weer oor dieselfde rugby-hekkie te struikel in sy nuwe amp nie.