Engeland se vrouerugbyspan het hulle 20ste agtereenvolgende wedstryd gewen, en ook die WXV 1-reeks titel ingepalm oor die naweek.
Dit kom ná Engeland se dames die afgelope Saterdag vir Kanada met 21-12 geklop het in die laaste wedstryd van die reeks.
In WXV 2 is Australië gekroon as kampioene na hulle vir Skotland verslaan het met 31-22, met die Springbokvroue wat algeheel vierde geëindig het, na hulle met 23-19 verloor het teen Italië die afgelope naweek.
En, in WXV 3 het Spanje die titel verower, na hulle vir Fidji op die laaste dag met 10-8 geklop het.