RUGBY – Engeland gaan Ierland Saterdag met skoprugby probeer pootjie in diè spanne se Sesnasies kragmeting op Twickhenham.

Ierland het nog net 4 uit sy laaste 36 toetse verloor waar sy opponente met taktiese skopwerk die verdedingende kampioen kon stuit.

Steve Borthwick se span het in sy laaste wedstryd teen Skotland slordig en deurmekaar gelyk en het die een ongedwonge fout na die ander begaan terwyl die gebore Suid-Afrikaanse vleuel Duhan van der Merwe met 3 drieë teen die Rose baljaar het.

In die laaste 3 jaar het Ierland gemiddeld 35 punte per wedstryd aangeteken en volgens Sam Warburton, voormalige kaptein van die Britse en Ierse Leeus sal die Iere die beste Sesnasies-span tot nog toe wees wees as hy weer in 2024 die Grand Slam kan behaal.

*Diè wedstryd skop om 18:45 (SA tyd) af.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×