RUGBY: Engeland  se hoofafrigter Steve Borthwick het ’n splinternuwe voorry gekies wat die All Blacks in Saterdag se 1ste toets in Dunedin gaan aandurf.

Joe Marler is in die plek van Bevan Rodd op nommer 1 terwyl Will Stuart aan die vaskopkant sak in die plek van Dan Cole.

Die nuwelinge is die stut Fin Baxter en vleuel Ollie Sleightholme wat op die reserwebank ingesluit is en hoop om hul debuut teen die Swart Truie te maak.

Die afskop- en haka tyd is om 09:05 (SA).

 

** Rassie Erasmus het sy sterkste en mees ervare 23-tal bekendgemaak vir Saterdag se inkomende reeks teen Ierland op Loftus Versveld.

3 veranderinge is aangebring aan die span wat die einste Nieu-Seeland in die Wêreldbeker-eindstryd geklop het.

Kwagga Smith vervang Duane Vermeulen op agtsteman na diè yster se uittrede terwyl Ox Nche die skrum in die plek van Steven Kitshoff sal anker.  Willie le Roux sal die beseerde Damian Willemse in die laaste vesting vervang terwyl die span aangevoer word deur Siya Kolisi.

*Diè wedstryd skop 17:05 af.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×